My Pa se voormalige vriendin sê nou die dag dat hierdie boek haar gedurig aan my laat dink het -- die digterlike taalgebruik en die ingenomenheid met Duits. Ouch. Dis nie juis of dít nou eintlik as 'n kompliment opgevat kan word nie.
Jansen het Duits aan die UWK gestudeer, want, ek lei maar af, dit bevat minder intense politiese probleme maar terselfdertyd laat haar na aan Afrikaans voel. Die semi-outobiografiese roman is heel postmodern, die verskille tussen fiksie en werklikheid word bestryk binne die narratief en tot betrekking met die skrywer. 'n Groot liefde, Anders ('n Duitser), sterf sonder om van Jansen afskeid te kon neem. Meeste van die roman probeer Jansen se skuldgevoelens, ellende, en verlange te vertolk en verwerk. Ek het self 'n gekompliseerde doodsafskeid ervaar met my Ma se sterwe, en kon sterk met Jansen se wroegings oor Anders se dood identifiseer.
Terselfdertyd sukkel Jansen/die protagonis om haar lewe tydens die Apartheidsjare, en haar Pa se pynlike en toenemend wrede gemoed, te verstaan. Jansen gebruik dit om haar vervreemding van Anders, maar ook Afrikaanswees/Duitse student, te begryp. Sogenaamde 'kleurling' identiteit moet vir Jansen niksseggend wees -- té breed en té onduidelik. Gelydelik besef Jansen/die protagonis dat sy as nóg Afrikaner nóg Afrika-ner kan optree omdat sy nie 'swart' of 'wit' is nie. Sy is nie Hollands nie, nieteenstaande die feit dat haar oupa 'n Hollander was; sy is 'n Suid-Afrikaner. Maar sy is ook nie uit Afrika nie (sê die geselskap) en selfs al wil sy dit gedurig bewys, kan sy nie.

Die ou DDR Oos-Duitsland word vergelyk met Apartheid Suid-Afrika, nóg 'n opsig waarmee sy Anders se lewe en wese probeer herskep en daarmee hom te behou binne haar eie konteks. Natuurlik is die verbinding tussen die Holocaust en Apartheid ietwat oordrewe maar dit funksioneer geensins as 'n morele oortuiging nie, heel eerder as 'n kunsmiddel soos voorheen aangedui is.
Aangesien die roman as elegie op die voorblad beskryf word, is dit natuurlik 'n triestige storie. Pragtig geskryf en so eerlik mens ervaar medelye. 'n Uitstekende en sprokiesagtige herinnering aan verlore liefde en die uitsluiting van moontlikhede soos die lewe onverbiddelik met die ouderdom uit mens loop.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking